Herman is in Centurion op die walle van die Rietspruit gebore, toe dit nog plaas was. Hy gaan skool in Pretoria en behaal twee grade aan die Universiteit van Pretoria, en later nege verskillende ander kwalifikasies.
Herman is 'n veldmens en 'n groot voorstander van natuurbewaring. Dat hy reeds op 10-jarige ouderdom 'n gedig oor tarentale geskryf het, en sy sewe voëlboeke, waarvan drie in Afrikaans en Engels uitgegee is, getuig daarvan. In die Afrikaanse boeke verskyn verskeie nuwe voëlterme wat hy in Afrikaans geskep het. Hy was ook medewerker vir heelwat ander publikasies, insluitende "J. H. Pierneef. Sy Lewe en sy Werk" van P. G. Nel.
Herman het ook die eerste "Friends" beweging in Suid-Afrika help stig, die "Friends of Nylsvley", en was hulle eerste voorsitter. Hy het 'n groot liefde vir die Waterberge.
Herman se loopbaan was hoofsaaklik gewy aan openbare skakeling en bemarking, aanvanklik vir die staat en munisipaliteite, maar later die privaatsektor en sy eie eiendomsagentskap.
Skryf is Herman se passie en hy fokus op biografieë en genealogie, (soos sy boek "Eugène Marais Rediscovered" en "Herman Charles Bosman. Who Fathered me?), komiese kortverhaaltjies, lirieke en musiek toonsettings. Hy was die 49ste komponis wat 'n toonsetting van Eugène Marais se bekende "Winternag" die lig laat sien het.
Die leser sal genot, inspirasie en lewenslesse put, uit Herman se dig- en liriekebundel, "Kaleidoskoop".
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.








