7,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
  • Format: ePub

Daar is gewoonlik hoop. Meyer het onderhoude gevoer met mense wat baie ernstig gestruikel het, hetsy deur eie toedoen, die noodlot of die gemeenskap se blinde vooroordele: 'n kaper, 'n swanger tiener, slagoffers van plaasaanvalle, 'n kleptomaan, gay persone wat nie as mense geag is nie, 'n tikverslaafde se kind, die ma van 'n kind wat as 'n hermafrodiet gebore is, 'n bekende eertydse bankrower, 'n pedofiel wat haar verseker het hy wil regkom, 'n ma wat dolverlief is op 'n veroordeelde pedofiel. In die meeste van hierdie gevalle is daar hoop, of ten minste begrip. In enkele gevalle helaas nie.…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.45MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
Daar is gewoonlik hoop. Meyer het onderhoude gevoer met mense wat baie ernstig gestruikel het, hetsy deur eie toedoen, die noodlot of die gemeenskap se blinde vooroordele: 'n kaper, 'n swanger tiener, slagoffers van plaasaanvalle, 'n kleptomaan, gay persone wat nie as mense geag is nie, 'n tikverslaafde se kind, die ma van 'n kind wat as 'n hermafrodiet gebore is, 'n bekende eertydse bankrower, 'n pedofiel wat haar verseker het hy wil regkom, 'n ma wat dolverlief is op 'n veroordeelde pedofiel. In die meeste van hierdie gevalle is daar hoop, of ten minste begrip. In enkele gevalle helaas nie. Maar hoop is 'n realistiese ding, want uitkoms begin by die mens wat kop aan kop met die noodlot gebots het. Iewers is daar iemand wat dit net so moeilik, of moeiliker, as jy gehad het ... en daarna weer opgestaan het.


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Rilette Meyer het aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar gematrikuleer, waarna sy Drama aan die Universiteit van Pretoria studeer het. Sy het haar studies later aangevul met sielkunde, antropologie en kommunikasiekunde. Sowat 17 jaar gelede het sy 'n skryfkursus gedoen, waarna sy aktief betrokke geraak het by die skryf van tydskrifartikels. Haar portefeulje sluit talle voorblaaie en onderhoude met bekende persoonlikhede, beide plaaslik en oorsee, asook mediavrystellings vir die musiekbedryf en artikels oor elke denkbare onderwerp van aktueel, humor, dekor en sielkundig tot reis, esoteries en geestelik in. Meyer was in 21 redakteur van sewe tydskrifte, maar is deesdae weer voltyds besig as vryskutskrywer. Sy het 'n seun, Martin Meyer, en woon in Johannesburg.