OOR DIE BOEK Benewens die hoofrolspelers was daar baie gewone mense wat meegewerk het om Messiaanse profesieë oor Jesus se dood en opstanding te vervul . . . en tog, het van hierdie mense met die verloop van tyd vergete geraak. Wat kon geword het van Pilatus se vrou en die wag wat sy hand teen Jesus gelig het? Die twee diensmeisies wat Petrus herken het, die man wat vir Jesus suur wyn by die kruis aangebied het, en die vroue wat uit eie middele Jesus versorg het? Sien ons hulle soort gedrag nog in die moderne wêreld? Hierdie gewone, maar gekose, mense vertel hulle eie verhale oor hoe Jesus hul kon aangeraak het met die geskenk van die ewige lewe. >"Aangeraak verhef jou siel en verdiep jou menswees." (Sonja Nel) OOR DIE SKRYWER Dr Jopie Coetzee is ʼn voormalige ouderling, akademikus en mynbou-ingenieur wat in 26 lande op 5 kontinente gewerk het. Hierdie wye lewenservaring verryk nou sy passie as ʼn skrywer, digter en dramaturg in die Pase as ʼn nis genre. Sy skryfwerk is vir geestelike vreugde en verwondering. Vir elke bladsy gepubliseer, plant of skenk hy ʼn spekboom - portulacaria afra. Hy en sy gade, Pieternel, woon in Mosselbaai.
Hinweis: Dieser Artikel kann nur an eine deutsche Lieferadresse ausgeliefert werden.
Hinweis: Dieser Artikel kann nur an eine deutsche Lieferadresse ausgeliefert werden.