Ek het die land leer ken, my lewe bedryf nie beter of slegter as ander nie. Die oes was nie ryker of skraler as dié van ander nie, maar dit was vol goeie are. Tog het ek geweet dat ek kom doodgaan langs die Valschrivier. Ek het dit kom soek soos die olifante. Digter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar - dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met die van haar…mehr
Ek het die land leer ken, my lewe bedryf nie beter of slegter as ander nie. Die oes was nie ryker of skraler as dié van ander nie, maar dit was vol goeie are. Tog het ek geweet dat ek kom doodgaan langs die Valschrivier. Ek het dit kom soek soos die olifante. Digter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar - dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met die van haar dogter. In Binnerym van bloed breek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verrykende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oud word bloot te lê. Krog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering tussen twee hoogs bekwame skrywers. Pragtig en indringend geskryf, delf Die binnerym van bloed in kulturele erfgoed, die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras, ook romantiese verhoudings oor rasgrense heen. Hierdie verhaal oor die verhouding tussen 'n ma en 'n dogter is Krog se mees persoonlike, ook haar mees universele.
Antjie Krog, een van Suid-Afrika se toonaangewendste digters, het haar digdebuut gemaak terwyl sy nog op skool was. Sedertdien het sy elf bundels gepuliseer, waaronder twee met kinderverse: Mankepank en ander monsters en Voëls van anderste vere. Sy is die skrywer van die beroemde Country of My Skull, asook A Change of Tongue, wat in Afrikaans as 'n Ander tongval verskyn het, en Begging to Be Black. Sy het ook 'n novele, 'n drama en drie digbundels in Engels gepuliseer. Van haar werk is in Engels, Arabies, Frans, Italiaans, Nederlands, Serbies, Spaans, Sweeds en Duits vertaal. Naas die vier eredoktorate waarmee sy vereer is, is sy onder meer met die Eugène Marais-prys, die Raport-prys, die Hertzog-prys, die rau-prys, die Elisabeth Eybers-prys, die atkv-prys en 'n toekenning vir voortreflike vertaling van die Suid-Afrikaanse Vertalers-instituut bekroon. Sy en haar man, John Samuel, woon in Kaapstad waar sy buitengewone professor aan die Universiteit van Wes-Kaapland is.
Es gelten unsere Allgemeinen Geschäftsbedingungen: www.buecher.de/agb
Impressum
www.buecher.de ist ein Internetauftritt der buecher.de internetstores GmbH
Geschäftsführung: Monica Sawhney | Roland Kölbl | Günter Hilger
Sitz der Gesellschaft: Batheyer Straße 115 - 117, 58099 Hagen
Postanschrift: Bürgermeister-Wegele-Str. 12, 86167 Augsburg
Amtsgericht Hagen HRB 13257
Steuernummer: 321/5800/1497
USt-IdNr: DE450055826