9,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
5 °P sammeln
  • Format: ePub

CC wou nooit met merino's boer soos haar pa se begeerte was nie. Trouens, sy wil glad nie boer nie. Die ander uiterste is waarheen haar hart trek: modes, ontwerpe, kleure, tekstuur. En dit is wat hierdie onversetlike hardekop met 'n flair vir boheemsheid uiteindelik bereik: Sy word 'n modeontwerper met net een voorbehoud geen trourokke nie. Maar ou skuld kan selfs só 'n meisie se pad verlê. En die buurman wat CC se pa by haar erfdeel ingooi, maak niks vir haar makliker nie. Asof dit nie genoeg is dat dié man as 't ware haar vennoot is in die ding waarin haar pa haar dwing nie, is hy 'n…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.74MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
CC wou nooit met merino's boer soos haar pa se begeerte was nie. Trouens, sy wil glad nie boer nie. Die ander uiterste is waarheen haar hart trek: modes, ontwerpe, kleure, tekstuur. En dit is wat hierdie onversetlike hardekop met 'n flair vir boheemsheid uiteindelik bereik: Sy word 'n modeontwerper met net een voorbehoud geen trourokke nie. Maar ou skuld kan selfs só 'n meisie se pad verlê. En die buurman wat CC se pa by haar erfdeel ingooi, maak niks vir haar makliker nie. Asof dit nie genoeg is dat dié man as 't ware haar vennoot is in die ding waarin haar pa haar dwing nie, is hy 'n beeldhouer, al vind sy dit heelwat later uit. En klei is nie al wat hy in iets heeltemal anders omvorm nie, hy doen dit ook met haar hart.


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Bernette Bergenthuin is 'n nooi van Pretoria wat die voorreg gehad het om vir ses jaar die betowering van die Kaap en die Boland te ervaar. Ná wonderlike studentejare op Stellenbosch keer sy in 2012 terug na Pretoria om haar prokureursklerkskap onder die bekwame leiding van die meesterbreine van 'n Pretoriase prokureursfirma te voltooi. In 2013 sluit sy aan as 'n pupil-lid by die Pretoria Balie en word meegesleur deur die avonture wat die leerskool van die advokatuur bied. 'n Jaar van glinster, glans, studeer en op die harde manier leer, spoeg haar uit as beginner-advokaat wat opgewonde aan die voet van 'n nuwe loopbaan staan. Tussendeur droom en skryf sy. Karakters, hul probleme en intriges bied 'n welkome ontvlugting van die regte lewe. Soms skemer die werklikeid tog deur haar stories, maar die "wat", "waar" en "wie" bly haar geheim want danksy 'n eksentrieke streep kamoefleer die waarheid hom byna onherkenbaar tussen die fantasie.