3,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
2 °P sammeln
  • Format: ePub

As Sonita gemeen het dis bloot 'n formaliteit om met haar eksverloofde oor 'n winkel se huur ooreen te kom, het sy haar misgis. Hy stel eise, en hoe vermetel dit ook al van hom is, kan sy nie weier nie. Want daar is groter dinge as 'n winkel op die spel, dinge waarvan sy tot nou toe salig onbewus was. Sy sou seker 'n ruk kon toneelspeel deur voor te gee hulle is herenig. Maar noudat sy sy neef ontmoet het, sy sagsinnige maar vasberade neef met die amber oë, is niks eintlik meer maklik nie. As sy net kon praat, vir hom kon sê wat die ware omstandighede is ...

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.35MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
As Sonita gemeen het dis bloot 'n formaliteit om met haar eksverloofde oor 'n winkel se huur ooreen te kom, het sy haar misgis. Hy stel eise, en hoe vermetel dit ook al van hom is, kan sy nie weier nie. Want daar is groter dinge as 'n winkel op die spel, dinge waarvan sy tot nou toe salig onbewus was. Sy sou seker 'n ruk kon toneelspeel deur voor te gee hulle is herenig. Maar noudat sy sy neef ontmoet het, sy sagsinnige maar vasberade neef met die amber oë, is niks eintlik meer maklik nie. As sy net kon praat, vir hom kon sê wat die ware omstandighede is ...


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Rika du Plessis is op Riebeek-Kasteel gebore en het haar skooljare op Riversdal en Wolseley voltooi. Daarna het sy 'n skryfkunsdiploma verwerf. Sy het eers haar twee seuns grootgemaak en nadat haar eerste man oorlede is, het sy begin skryf. LAPA Uitgewers het al heelwat van haar liefdesverhale gepubliseer. As 'n liefdesdaad skryf sy ook kleuterverhale en tienervervolgverhale vir 'n Christelike jeugtydskrif. Sy woon op Thabazimbi in die Bosveld saam met haar man Gys en twee Jack Russells. Sy is 'n natuurliefhebber wat daarvan hou om in haar vrye tyd voëls in die veld dop te hou. Vir so lank as wat die Here vir haar 'n helder verstand gee, wil sy graag skryf omdat dit vir haar lekker is.