_x000D_
Tot haar skok is daar ook groot finansiële probleme op die plaas en Karla moet bitter hard werk om van die gastehuis 'n sukses te maak. Intussen word haar innerlike woelinge daagliks meer. Is Hugo sy broer se moordenaar? Wat behels die eienaardige verhouding tussen hom en die beeldskone Natalie van die buurplaas? En kan Karla regtig daarop reken dat daar nie ná al die jare ook in Londen, waar hy eintlik bly, 'n meisie op Hugo wag nie? _x000D_
_x000D_
Die moord, die spoke in die gastehuis, haar eksman en Natalie maak Karla se lewe daagliks ál moeiliker. Dit is asof haar lyf een taal praat en haar verstand 'n ander. Is dit dalk 'n geval van blinde liefde?
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.