9,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
5 °P sammeln
  • Format: ePub

'n Reeksmoordenaar wat op die kampus begin maai het, lê sy slagoffers mooi uit, plaas 'n pragtige ruikertjie in die vermoorde meisies se hande en laat 'n klipstapel en offervuur op die toneel. Iets herinner onrusbarend aan die rituele wat vermoedelik op die eeue oue terrein van Stonehenge voltrek is. Net so misterieus is die tyd wat die moordenaar kies om toe te slaan; telkens is daar 'n verband met die stand van die son en die maan. Llyn Morgan het pas haar nagraadse studie op die kampus aangepak. En die man wat haar in die biblioteek met 'n onverkrygbare boek help, bly haar gedagtes vul.…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 4.04MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
'n Reeksmoordenaar wat op die kampus begin maai het, lê sy slagoffers mooi uit, plaas 'n pragtige ruikertjie in die vermoorde meisies se hande en laat 'n klipstapel en offervuur op die toneel. Iets herinner onrusbarend aan die rituele wat vermoedelik op die eeue oue terrein van Stonehenge voltrek is. Net so misterieus is die tyd wat die moordenaar kies om toe te slaan; telkens is daar 'n verband met die stand van die son en die maan. Llyn Morgan het pas haar nagraadse studie op die kampus aangepak. En die man wat haar in die biblioteek met 'n onverkrygbare boek help, bly haar gedagtes vul. Maar wie is hy? Buiten sy voornaam, weet sy niks van hom nie. Kan hy die moordenaar wees? Of het een van die dosente wat soveel belangstelling in Stonehenge het iets daarmee te doen? Llyn weet nie meer wie om te vertrou nie. Maar as daar een man is wat sy dolgraag wil vertrou, is dit juis hierdie misterieuse man wat haar pad langs gekom het.


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Bets Smith het begin skryf omdat sy aan haarself wou bewys sy kon die storie wat binne broei op papier kry. Sy hou aan met skryf omdat sy in die liefde en in gelukkige eindes glo, en voel mense het in 'n harde wêreld nodig om herinner te word daaraan dat die goeie nog kan seëvier. Omdat sy goedvoelstories skryf, is die hele skeppingsproses vir haar terapeuties. Sy is voltyds onderwyser wat werk en bly in Mpumalanga se Laeveld, 'n omgewing wat skeppingswerk inspireer. Voeg daarby 'n man wat haar giere en geite verstaan en twee getroude kinders met 'n eiesoortige humorsin, dan het sy alles wat sy nodig het.