In 'n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doods akker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.
Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer 'n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting - en om die wrak te vind van die Ratel waarin 'n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.
Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook 'n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is 'n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.