7,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
  • Format: ePub

Ontsluit die verborge kern van geestelike gesag en berei lesers voor om meer van God in hulle daaglikse wandel te ontdek en te ontvang. Ilse Roux verduidelik in Die Bybelse vas wat die verskillende vorme van vas is, soos onder meer die Ester-vas, die Daniël-vas en 'n digitale vas, en hoe dit in praktyk aangepak kan word. Sy bespreek ook hoe die toepassing van hierdie Bybelse beginsel eietydse gelowiges kan versterk in hulle geloof en verhouding met Jesus Christus. Die skrywer deel haar eie inspirerende ervarings en deurbrake, asook kragtige getuienisse van ander met nagevorste inligting en…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.83MB
Produktbeschreibung
Ontsluit die verborge kern van geestelike gesag en berei lesers voor om meer van God in hulle daaglikse wandel te ontdek en te ontvang. Ilse Roux verduidelik in Die Bybelse vas wat die verskillende vorme van vas is, soos onder meer die Ester-vas, die Daniël-vas en 'n digitale vas, en hoe dit in praktyk aangepak kan word. Sy bespreek ook hoe die toepassing van hierdie Bybelse beginsel eietydse gelowiges kan versterk in hulle geloof en verhouding met Jesus Christus. Die skrywer deel haar eie inspirerende ervarings en deurbrake, asook kragtige getuienisse van ander met nagevorste inligting en stawing uit die Woord. Vas is 'n geestelike gebaar van onderwerping en innerlike verootmoediging aan God se gesag en sy koninkryk wat lewensveranderinge tot gevolg kan hê, want wanneer ons voor God neerbuig in nederige toewyding, lig Hy ons op. Elke kind van God is bestem om die geheim van die transformerende krag van die Bybelse vas vir daadwerklike deurbrake op elke vlak van hulle lewe te ontdek en te ervaar.


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Ilse Roux is die stigter en senior ontwerper by Ilse Roux Bridal. Sy het op Malmesbury grootgeword en aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Ná elf jaar in die onderwys het sy haar eie besigheid begin en is tans al twee dekades in die trou- en ontwerpersbedryf met vele toekennings agter haar naam. Ilse woon in Bellville saam met haar man en twee kinders. Haar eerste boek, Bakens van Geloof, is in 2023 vrygestel.