8,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
  • Format: ePub

Die binneland is aan die doodgaan; droogte wurg die lewe uit alles wat eens mooi was. Gerugte bereik koning Ghatra van die Noorde, gerugte van 'n reënkoningin wat krag oor die waters het. As die stories waar is, kan hierdie Sati-met-die-Gawe die drie ryke red en sy koninkryk herstel. So word 'n kontrak gesluit vir 'n jong vrou se lewe. 'n Reuse bruidskat word na Sati se pa gestuur op die kus, en in ruil moet sy saam met Ghatra se manskappe op die wa terug die dorre binneland in reis. Nou vind Sati van die Suidland haarself ver in die vreemde, op pad na 'n lewe wat sy haarself nie kan verbeel…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.85MB
Produktbeschreibung
Die binneland is aan die doodgaan; droogte wurg die lewe uit alles wat eens mooi was. Gerugte bereik koning Ghatra van die Noorde, gerugte van 'n reënkoningin wat krag oor die waters het. As die stories waar is, kan hierdie Sati-met-die-Gawe die drie ryke red en sy koninkryk herstel. So word 'n kontrak gesluit vir 'n jong vrou se lewe. 'n Reuse bruidskat word na Sati se pa gestuur op die kus, en in ruil moet sy saam met Ghatra se manskappe op die wa terug die dorre binneland in reis. Nou vind Sati van die Suidland haarself ver in die vreemde, op pad na 'n lewe wat sy haarself nie kan verbeel nie. Maar die jong soldaat, Djimon, ontferm homself oor sy koning se nuwe bruid. Hy stap langs haar op die lang pad, dra vir haar veldblomme aan, wys vir haar waar die mooi wegkruip in so 'n ongenaakbare land. Dis hy wat die groen in haar laat blom. Maar soos Sati meer uitvind van hierdie nuwe land en die mans wat nou skielik oral in haar lewe vertoon, begin sy wonder of enigiemand die meisie agter die Gawe raaksien. En wanneer die koning se planne vir haar duidelik raak, vind Sati uit daar lê iets meer agter die groot Groen wat in haar binneste groei.

Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Elmarie Dercksen vertel nog altyd stories. Sy studeer musiek, letterkunde en teologie, waarmee sy 'n kreatiewe lewe bou. Sy is liedjiemaker, orkes-en koorleier, jazz-sanger, blogger, rubriekskrywer en gewilde spreker. Tans is sy predikant by die NG Kerk Bloubergstrand. Sy en haar gesin woon op Melkbosstrand, vanwaar sy oral pendel op haar motorfiets. Sy is lief vir mense, glo daarin om te lusiter, in te nooi en omarm, ongeag wie. Om ma te word was die mees kreatiewe werk wat sy nog moes doen. Sy skryf omdat sy nie langer kon uitstel nie. Dit is haar grootste avontuur en sy het nog baie stories om te vertel. Die gawe van groen is haar debuutroman.