6,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
3 °P sammeln
  • Format: ePub

Na die naelbyt-avonture in Hartklop, is die gevaar nog lank nie verby nie. In 'n desperate poging om Colden uit mal koningin Melody se kloue te hou, roep Zander 'n Forya en' tarna, 'n Elwe-grootwordritueel. Die vriendegroep word geskei en dis die begin van 'n nuwe avontuur en soeke na antwoorde deur die hele Tír na hÓige. Nereida, Lumi en Kai gaan na Oneiro waar Lumi vinnig leer dat Waternimfmans vleiend in hul soeke na beheer is, en Nereida begin wonder of Kai regtig so 'n slegte toekoms vir haar sal inhou. Zander en Colden bevind hulleself in Izua, waar Zander vir Raidan, die Prinses van…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 7.19MB
Produktbeschreibung
Na die naelbyt-avonture in Hartklop, is die gevaar nog lank nie verby nie. In 'n desperate poging om Colden uit mal koningin Melody se kloue te hou, roep Zander 'n Forya en' tarna, 'n Elwe-grootwordritueel. Die vriendegroep word geskei en dis die begin van 'n nuwe avontuur en soeke na antwoorde deur die hele Tír na hÓige. Nereida, Lumi en Kai gaan na Oneiro waar Lumi vinnig leer dat Waternimfmans vleiend in hul soeke na beheer is, en Nereida begin wonder of Kai regtig so 'n slegte toekoms vir haar sal inhou. Zander en Colden bevind hulleself in Izua, waar Zander vir Raidan, die Prinses van Storms, ontmoet en skielik is dit maklik om van sy sielsgenoot, Nereida, te vergeet en 'n nuwe tuiste te vind. "Hierdie storie het begin by die Seisoene en Gruwels en dis ook waar dit moet eindig. Ek weet nie waarom Tír na hÓige julle kinders gekies het om hierdie beeldskone nagmerrie sy vrede te gee nie, maar na vandag is daar 'n teiken op julle rûe." Tot die eindtyd? Nee wat, hierna is alles moertoe!


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Sunel Combrinck is 'n hoërskool-onderwyser met 'n hart vir jong mense en stories. Sy bedryf ook VasgeINK-skryfskool by die Hoërskool Eldoraigne in Centurion waar sy tieners die kuns van storieskryf leer. Tans leef sy haar eie romanse uit saam met haar universiteitsliefde en hulle kosbare, besige, rooikop Bytjie-meisiekind. Huidige titels wat reeds op die rak is sluit in haar debuutverhaal, Hartklop, 'n Beeldskone Nagmerrie, twee dagstukke in Listen Up! en Sneller, 'n tienerromanse.