Emma voel onseker en alleen. Sy vrees baie dinge, onder andere dat haar ma hulle ook sal verlaat. Wanneer haar ma 'n nuwe kêrel aan hulle voorstel, voel sy oorweldig deur al die veranderinge.
Deur betekenisvolle gesprekke met betroubare volwassenes en geestelike waarhede vanuit die Bybel, begin Liaan en Emma aan te pas by die veranderinge wat die egskeiding meebring. Ten midde van trane en lag, vind hulle hoop, veerkragtigheid en aanvaardig in hierdie nuwe seisoen.
Die Reis van die Dapper Hart is geskryf vir kinders om oor hulle eie storie ten midde van 'n egskeiding te besin. Die pret aktiwiteitsblaaie, wat van die internet gelaai kan word, skep vir elke kind 'n veilige ruimte vir prosessering, probleemoplossing en refleksie op hul eie realiteit. Emosionele intelligensie word beklemtoon en die voorsiening van emosionele woordeskat laat die kind toe om die regte woorde te kies om hulself sinvol uit te druk. Deur 'n sagte, geestelik boodskap, rus die boek ook die leser toe op 'n dieper vlak.
Gemik op kinders tussen 6 en 12 jaar en kan deur families, beraders, onderwysers en gemeenskapswerkers gebruik word.
¿ Finalis in die 14de Jaarlikse VSA Indie-toekennings vir Uitmuntendheid.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.