Die eerste roman is 'n verslag van Henry van Eeden se weeklange besoek aan die Silbersteins se groot landgoed om Salome, sy toekomstige bruid, te ontmoet. Elke dag lewer bisarre ervarings op en dit word vir Henry 'n inisiasieproses: hy moet sy onskuld verloor en kennismaak met die verweefdheid van die goeie en die bose. Op die oog af is Een vir Azazel 'n speurroman waar 'n moord opgelos moet word, maar dit gaan ook oor die mens se behoefte aan 'n sondebok: Die agterdog wat opbou en fokus op die Reus Adam Kadmon, 'n verstandelik vertraagde jongman, lei tot 'n tragedie - een van die aangrypendste tonele in die Afrikaanse letterkunde. In die laaste roman moet kaptein Demosthenes H de Goede die magnaat Boris Gudenov opspoor.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.