In die genadelose, afgeleë bosveld van Noord-Transvaal, waar bygeloof en die harde werklikheid hand aan hand loop, word 'n jong polisieman dood langs sy kampvuur gevind. Hy is die jongste slagoffer in 'n reeks bisarre en dodelike kobra-aanvalle. Sy laaste, onvoltooide dagboek inskrywing fluister van moord, nie 'n ongeluk nie. Die saak beland op die lessenaar van speurder sersant Kobus Roode, 'n gedugte jong speurder van Johannesburg met 'n reputasie vir die oplos van onmoontlike sake.
Met sy aankoms in die land van die Mkopo-stam word Roode egter begroet deur 'n muur van vyandigheid en vrees. Die stam word beheer deur die slinkse toordokter, Tumara, wat die bygelowige mense met die legende van die "Groot Slang Gees" in sy mag hou. Enigiemand wat Tumara se gesag bevraagteken, of met die polisie praat, word die volgende teiken van die wraaksugtige gees en sy dodelike slange.
Die gevaar is nie net bygeloof nie. Die kobras is onnatuurlik aggressief en skynbaar oral. Roode ontsnap self ter nouernood die dood toe hy in 'n hut vasgekeer word deur een van die reptiele, en word slegs gered deur die tydige ingryping van die plaaslike boer, Nicolaas Bredenkamp. Te midde van die spanning ontmoet hy ook Bredenkamp se pragtige en vrypostige niggie, Marie Naude, wie se nuuskierigheid haar direk in die pad van die onheil plaas. Terwyl Roode dieper delf, besef hy dat die aanvalle te presies en te doelgerig is om blote toeval te wees. Iemand gebruik die slange as 'n terreur wapen. Feitlik alleen, omring deur vyandige stamlede en dodelike reptiele wat op bevel blyk toe te slaan, moet Kobus 'n web van leuens, mag speletjies en koelbloedige moord ontrafel. Is Tumara werklik die meester brein, of is hy net 'n pion in 'n groter, meer diaboliese sameswering? In 'n land waar die sis van 'n kobra 'n vloek of 'n teregstelling kan beteken, moet Kobus die waarheid ontmasker voordat hy die volgende naam op die slagoffer lys word.
#SAPolisieReeks
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.