Lesers, redaksielede en adverteerders moes toekyk hoe 'n vreemde en teenstrydige reeks gebeure rondom die sluiting afspeel. Barnard Beukman probeer van die onbeantwoorde vrae beantwoord. Ook deur heelwat te onthul van wat in die gange en raadsale van Media24 en Beeld afgespeel het en beskryf die openbare wipplankrit van ses maande, om die koerant te sluit, wat gevolg het.
Agter die skerms het dit tot die afgryse van die maatskappy geblyk dat adverteerders hul goed begin vat loop en miljoene rande se inkomste aan Media24-publikasies onttrek het. Gevolglik het die koppe onder Media24-bestuurslui, wat die koerantsluiting moes bestuur, begin rol. So fel het die openbare diskoers oor die sluiting van Beeld en ander koerante gewoed, dat Media24 se interim uitvoerende hoof, Raj Lalbadhur, dit in 'n brief aan personeel as die hoofrede aangevoer het waarom die maatskappy nie in 2024 sy halfjaarlikse winsbegroting behaal het nie.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.








