12,49 €
12,49 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
0 °P sammeln
12,49 €
12,49 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
0 °P sammeln
Als Download kaufen
12,49 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
0 °P sammeln
Jetzt verschenken
12,49 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
0 °P sammeln
  • Format: ePub

Die Natalse Drakensbergreeks is inderdaad 'n juweel van skoonheid met unieke eienskappe. "Majestueus" vorm sekerlik deel van enige beskrywing daarvan. Tog is dit selde in Afrikaans só omvattend beskryf.
Hierdie boek, uit die pen van iemand wat die "Berg" intens leer ken het en op 'n diep vlak liefgekry het, skilder vir ons die legkaart van hierdie besondere bergreeks. Dit verken die skoonheid op verskillende vlakke en in sy geheel die uitdagings wat stappers onder uiteenlopende omstandighede moet trotseer; en die verrykende belewenisse van 'n sielsbinding tussen mens en natuur.
Maar die
…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 76.8MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
Die Natalse Drakensbergreeks is inderdaad 'n juweel van skoonheid met unieke eienskappe. "Majestueus" vorm sekerlik deel van enige beskrywing daarvan. Tog is dit selde in Afrikaans só omvattend beskryf.

Hierdie boek, uit die pen van iemand wat die "Berg" intens leer ken het en op 'n diep vlak liefgekry het, skilder vir ons die legkaart van hierdie besondere bergreeks. Dit verken die skoonheid op verskillende vlakke en in sy geheel die uitdagings wat stappers onder uiteenlopende omstandighede moet trotseer; en die verrykende belewenisse van 'n sielsbinding tussen mens en natuur.

Maar die boek bied veel meer. Die vreugde van stap, van hoe om dit "reg" aan te pak, en hoe om ware waarde te put uit 'n staptog kom duidelik na vore in baie van die skrywer se stories. Die uitdagings, opwinding en verskille van staptogte met 'n tentjie teenoor amptelike staproetes met oornaghutte, word deeglik uitgewys.- en kan dien as aansporing vir enige avontuurlustige.

Wynand Harmse het nie net saam met sy vrou, Ninnie, en 'n klein groepie fiks vriende die bergreeks verken nie, maar het ook as gesin - reeds toe die kinders klein was - die hart en emosie van die natuur, en veral die berge, deur staptogte beleef. Die vraag kan tereg gevra word: Was daar enige ander gesin in die land wat met klein kinders lang staptogte in geïsoleerde valleie en later ook die hoë pieke aangepak het? Hul ervaringe kan met reg as uniek beskryf word, veral as die gereelde besoeke aan die Visrivier Canyon ook in aanmerking geneem word.

Gereelde staptogte oor 'n tydperk van meer as vier dekades lewer onvermydelik interessante insidente en soms noue ontkomings op. Dit maak vir boeiende en lekker leesstof. Die boek is inderdaad in ligte trant geskryf, maar bied terselfdertyd uiters waardevolle inligting oor die Drakensberge, die Visrivier Canyon, asook praktiese wenke vir staptogbeplanning en -bestuur.

Pieter van Huyssteen, mede-stapper, skryf in sy voorwoord dat lesers "... geraak sal word deur die uitsonderlike karakter van die Groot Berge - die 'uKhahlamba'... wat op 'n besondere manier 'n mens se immer veranderende emosies en gedagtes diep aanraak en verryk."

Wynand jnr. skryf: "Ek het eerstehands die onskatbare waarde van diep vriendskapsbande beleef. Die Berge is 'n plek van sielsvrede en stilte; dit leer jou om deur moeilike tye te navigeer. Die Berge is een van die grootste geskenke wat Pa en Ma aan my oorgedra het."


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.