10,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
5 °P sammeln
  • Format: ePub

Deborah Deysel, 'n operasangeres uit Suid-Afrika, bevind haar 'n jaar ná 'n skandaal in haar private lewe weer in Zürich. Sy kom gou agter dat sy nie haar verlede kan ontvlug nie, toe die dirigent wat saam met haar in die skandaal betrokke was, weer met haar kontak maak. Hy oorreed haar om hom by sy ateljee in die operahuis te besoek, waar hy 'n geheime musiekopname aan haar toevertrou. Luitenant Janek Baptiste van die Zürich-misdaadpolisie ondersoek reeds die moord op 'n televisiepersoonlikheid toe hy een aand Operahuis toe uitgeroep word. 'n Dirigent is dood in sy ateljee aangetref en die…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.56MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
Deborah Deysel, 'n operasangeres uit Suid-Afrika, bevind haar 'n jaar ná 'n skandaal in haar private lewe weer in Zürich. Sy kom gou agter dat sy nie haar verlede kan ontvlug nie, toe die dirigent wat saam met haar in die skandaal betrokke was, weer met haar kontak maak. Hy oorreed haar om hom by sy ateljee in die operahuis te besoek, waar hy 'n geheime musiekopname aan haar toevertrou. Luitenant Janek Baptiste van die Zürich-misdaadpolisie ondersoek reeds die moord op 'n televisiepersoonlikheid toe hy een aand Operahuis toe uitgeroep word. 'n Dirigent is dood in sy ateljee aangetref en die laaste persoon wat hom gesien het, is 'n operasangeres met wie hy eens op 'n tyd 'n buite-egtelike verhouding gehad het. Twee wêrelde, opera en misdaad, kom teen mekaar te staan. Nog meer moorde volg. Die speurder en operasangeres span saam om 'n jare lange komplot oop te vlek. Dit lei tot 'n skokkende ontdekking. Van Isa Konrad se bekendste romans is die spanningsromans Die ondenkbare en Die soenoffer. Diva is haar elfde roman. Sy is in Namibië gebore en woon 'n geruime tyd reeds in Switserland.


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Isa Konrad het in Namibië grootgeword, maar woon tans in Switserland. Sy verdeel haar tyd tussen Solothurn, 'n barokstad op die Aare-rivier, en 'n huis in die Peniniese Alpe naby die grens van Italië. Plekke inspireer haar en mense fassineer haar. Sy skryf omdat sy nie die swaar las van 'n magdom ander talente op haar skouers dra nie. Sy het agt Romanzas geskryf en meer as vier spanningsromans, insluitend Die ondenkbare, Die soenoffer en Diva. Die soenoffer is 'n sielkundige riller en die storie van 'n negejarige reeksmoordenaar. Dit was LAPA Uitgewers se Lekkerlitboek van die jaar in 2012 en 'n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Spanningslektuur in dieselfde jaar.