7,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
  • Format: ePub

Ná sy pa se dood ervaar Gilbert du Toit eienaardige visioene: kontoerlyne van lig en vlietende skole visse. Hierdie gestaltes is boodskappers, meen hy, en besluit om die blinklywe te volg, oor die wye Karoovlaktes, Kaap toe. Gilbert se pad kruis met dié van die Howlers, 'n trio voormalige tronkvoëls wat met trompet, viool en kitaar deur die platteland toer. Hy kom kleindorpse kroeë teë, en dinosourusparke, en vergesigte wat hy hom tot nou toe skaars kon verbeel. Maar al reis hy hoe ver, die storms van sy verlede woed voort. Kuilsrivier bied 'n tydelike hawe, selfs liefde, maar vir Gilbert is…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 1.05MB
Produktbeschreibung
Ná sy pa se dood ervaar Gilbert du Toit eienaardige visioene: kontoerlyne van lig en vlietende skole visse. Hierdie gestaltes is boodskappers, meen hy, en besluit om die blinklywe te volg, oor die wye Karoovlaktes, Kaap toe. Gilbert se pad kruis met dié van die Howlers, 'n trio voormalige tronkvoëls wat met trompet, viool en kitaar deur die platteland toer. Hy kom kleindorpse kroeë teë, en dinosourusparke, en vergesigte wat hy hom tot nou toe skaars kon verbeel. Maar al reis hy hoe ver, die storms van sy verlede woed voort. Kuilsrivier bied 'n tydelike hawe, selfs liefde, maar vir Gilbert is hier geen ontvlugting van 'n dringende en dreigende vraag nie: Is die visse wat hom aandryf deel van groter magte wat sy lot bepaal, of skort daar iets met sy kop? Tom Dreyer se Dorado is 'n magiese roman, so tergend en onpeilbaar soos die sterrehemel van die Karoo


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Tom Dreyer is die skrywer van die romans Erdvarkfontein, Stinkafrikaners en Equatoria asook kortverhale en poesie. Stinkafrikaners is in 2001 met die Eugene Maraisprys bekroon.Tom het 'n meestersgraad in Skeppende Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad verwerf en is 'n alumnus van die Universiteit van Iowa se International Writing Program. Hy woon en werk in Stellenbosch.