Die reis wat begin het in die stofstrate van 'n klein myndorpie op die Noordwes grens van Suid Afrika het gelei deur die opleidings eenhede van die Universiteit van Stellenbosch en eers 'n jong geneesheer uitgespoeg en later na 'n kort rondreis deur die platteland van Suid Afrika en Suidwes Afrika, 'n ginekoloog. Die het sy heenkome in Somerset Wes bevind waar hy gesin gebou het, pogings aangewend het om te vestig as Ginekoloog in privaat praktyk, maar tog gedwonge gevoel het om uit te beweeg in die groot onbekendheid van Nederland. Hierdie is 'n omvang van hierdie laasgenoemde reis. Die voorbereiding as mens was in Namakwaland - die onderwerp van die eerste van die trilogie boeke, die tweede boek vul die voorbereiding as arts en ginekoloog aan. Die reis is nog nie voltooi nie, en duur voort in hierdie derde deel tot en met die ingaan van pensioen. Daar is 'n rivier wat vir ewig kronkel ek gaan kyk waarheen dit lei daar is 'n berg wat niemand nog verower het nie ek gaan op sy top staan daar buite is 'n land waar tyd nie bestaan ek wil die eerste wees wat daar aankom geen tyd oor om nog te wonder nie terwyl ons nog lewe nie volg my, volg my na die eindes van die aarde daar is 'n wêreld wat net vir ons bestaan die wêreld roep my veral omdat dit onbekend is....... Lossies vertaling van die lied: Ends of the Earth van Lord Huron
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.