3,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
2 °P sammeln
  • Format: ePub

Sarena het pas uit haar pos by 'n uitgewery bedank ietwat stormagtig. Vir die volgende vier dae gaan sy net rus en haar kop skoon kry tydens 'n luukse plesiervaart op die oopsee. Maar 'n besprekingsfout bring haar in 'n onbenydenswaardige posisie teenoor 'n baie omgekrapte man te staan. Van plesier is daar nie veel sprake nie. Inteendeel. En toe die man eers tot bedaring kom, ontstaan nuwe probleme. Sy wil nou wel graag weer werk hê maar of sy bereid is om vir hierdie kwaai man te werk is 'n ander vraag. Onder andere omdat Sarena besonder verward is oor wat sy vir Wilmar begin voel ...

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.95MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
Sarena het pas uit haar pos by 'n uitgewery bedank ietwat stormagtig. Vir die volgende vier dae gaan sy net rus en haar kop skoon kry tydens 'n luukse plesiervaart op die oopsee. Maar 'n besprekingsfout bring haar in 'n onbenydenswaardige posisie teenoor 'n baie omgekrapte man te staan. Van plesier is daar nie veel sprake nie. Inteendeel. En toe die man eers tot bedaring kom, ontstaan nuwe probleme. Sy wil nou wel graag weer werk hê maar of sy bereid is om vir hierdie kwaai man te werk is 'n ander vraag. Onder andere omdat Sarena besonder verward is oor wat sy vir Wilmar begin voel ...


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Gedurende haar werksloopbaan het Ida Bester haar hand gewaag aan verskeie take wat met taal te make het. Sy het dit vaarwel geroep om voltyds te skryf en het al meer as 15 boeke die lig laat sien, waarvan die 11 Romanzas wat deur LAPA Uitgewers uitgegee is vir haar die grootste genoegdoening gebring het. Nadat sy vir 11 jaar lank in Leeupoort op Limpopo gewoon het, het sy en haar man teruggetrek Pretoria toe waar hulle vroeër hul vier kinders grootgemaak het. Ida is dol oor hul 11 kleinkinders. Haar stokperdjies is lees, reis, scrapbooking en die versameling van klein vetplante.