11,95 €
11,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
6 °P sammeln
11,95 €
11,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
6 °P sammeln
Als Download kaufen
11,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
6 °P sammeln
Jetzt verschenken
11,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
6 °P sammeln
  • Format: ePub

Lank staan Juan-Carlos na die slapende kind en afkyk, dan krul sy hande vasberade om die bababedjie se reling en hy trek sy asem diep in. Hy sal hierdie ding wen. Hy sál! Hierdie onkeerbare, onsinnige bruising wat elke keer in hom opstoot wanneer hy die vroumens sien, gaan hy uitroei, wortel en tak. Sy is heeltemal buite sy bereik, verdomp! Kyk net hoe het sy vandag gelyk die ene klas en styl en duur elegansie, met daardie somerblou oë en die vel so glad en wit soos albaster. 'n Regte, egte English rose, kompleet met erfgrond en 'n geslagsregister wat sy stellig kan terugtrek tot by Hendrik…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.68MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
Lank staan Juan-Carlos na die slapende kind en afkyk, dan krul sy hande vasberade om die bababedjie se reling en hy trek sy asem diep in. Hy sal hierdie ding wen. Hy sál! Hierdie onkeerbare, onsinnige bruising wat elke keer in hom opstoot wanneer hy die vroumens sien, gaan hy uitroei, wortel en tak. Sy is heeltemal buite sy bereik, verdomp! Kyk net hoe het sy vandag gelyk die ene klas en styl en duur elegansie, met daardie somerblou oë en die vel so glad en wit soos albaster. 'n Regte, egte English rose, kompleet met erfgrond en 'n geslagsregister wat sy stellig kan terugtrek tot by Hendrik die Seevaarder. Wie is hy? Isabella D'Oliveira se weggooikind wat tussen kratte tamaties en streepsakke mieliemeel grootgeword het. En sy's boonop 'n ander man se vrou. Al wat moet gebeur, is dat sy onnosel hart moet aanvaar wat sy kop lankal weet: dat Rosalie Harrington-Jones net so pragtig en koud en onbereikbaar is as die bliksemse Aandster en dat sy is waar sy veronderstel is om te wees: aan die sy van 'n Engelsman met 'n lang bolip en 'n Jaguar. Laat hy wat Juan-Carlos is liewer sy emosionele energie reserveer vir die gesin wat wel aan hom toevertrou is. Die afgrond tussen hulle is so onoorbrugbaar as die Drakensberg se donkerblou klowe: sy is Boere-adel, een van die stoere Jordaans; hy is die Portugese kafeebaas se seun. Haar loopbaan het haar buiteland toe geneem, sy hart lê hier in Afrika. Daar is Henriëtte Jordaan se onversetlike vooroordeel teenoor KwaMoyeni se mense; die sjef, Thandi, wat na haar kyk met haat en afkeer in haar donker oë; en die klein seuntjie, Danny, wat teen Juan-Carlos se bors aanleun en duidelik die man se hart in sy klein handjie hou. Toe Rosalie egter teen wil en dank vir Juan-Carlos D'Oliveira op KwaMoyeni moet gaan werk, kom sy stelselmatig tot die besef dat dít wat die gemeenskap en veral Henriëtte Jordaan al die jare heen oor hom loop en skinder het, nie die volle waarheid is nie. Dis 'n fyn siel wat in daardie groot lyf woon, iemand met oneindige begrip en deernis vir mense, iemand wat haar weerstand dag na dag wegkalwe en haar weerloos voor die omvang van haar eie liefde laat. Maar dis eers toe sy die donker, wrede geheim ontdek wat op KwaMoyeni gehuisves word, dat sy besef: daar is 'n prys om te betaal, en sy is eintlik daarheen gebring om die rekening te vereffen. Gaan al die verskille, die misverstand, die manipulasie en die bagasie van die verlede hulle uitmekaar dryf, of kan liefde, vergifnis en aanvaarding die heling bring wat hulle al twee so nodig het?


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Sophia Kapp skryf die soort stories wat sy self graag lees - liefdesromans. Sy glo onwrikbaar in die liefde en in die helende krag daarvan, maar glo ook dat haar hoofkarakters dieselfde sout as haar lesers moet opeet voordat hulle die vervulling daarvan mag smaak. Daarom plaas sy haar heldinne binne realistiese, lewensgetroue situasies en laat sy hulle spook met geloofwaardige krisisse waardeur vroue dwarsoor die wêreld en die sosiale spektrum moet worstel: verraad, verlies, egskeiding, affairs, miskrame, middelmisbruik, moeilike tieners, bagasie van vorige verhoudings ... Maar vir elke heldin wat bereid is om hierdie krisisse aan te pak en te oorkom, is daar 'n held, 'n man wat by haar pas en haar waardig is; iemand saam met wie sy binne 'n vervullende verhouding geborgenheid vind. En saam met haar op haar reis is daar haar susters - bloedsusters en hartsusters - wat haar optel as sy val, wat haar dra as sy moeg word en wat saam met haar dans wanneer sy feesvier. Die erflating is in 2008 met die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans bekroon en Huis van die wind in 2012. Sophia was ook twee agtereenvolgende jaar die wenner van die Rapport-prys vir die mees inspirerende dosent in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Potchefstroomkampus van die NWU. Sy het 'n MA in tale aan die destydse UOVS behaal en het aanvanklik 'n akademiese loopbaan gevolg, maar sy was intussen al alles, van 'n barrista tot 'n boekhouer in 'n bank. Tans is sy, benewens 'n skrywer, ook taalpraktisyn, vertaler, dosent en lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.