7,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
  • Format: ePub

Elmien droom daarvan om eendag ná skool 'n dokter te word. Dit is die rede waarom sy 'n gehawende ou dokterstas onder haar bed bêre en in haar vrye tyd in die videowinkel werk. Maar waar sy vandaan kom, is dit 'n gróót droom. Te groot. Hoewe 717 is die amptelike naam van die plakkerskamp. Dis hoe die maatskaplike werker en haar helpers dit noem. En Mevrou. Die rykmansvrou wat soms daar kom liefdadigheidswerk doen en so 'n dun glimlaggie het. Die mense wat daar bly, noem dit sommer Plot 717. Dis waar Elmien saam met haar ouma en haar twee niggies in 'n Wendyhuis woon. Dis waar sy die…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.95MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
Elmien droom daarvan om eendag ná skool 'n dokter te word. Dit is die rede waarom sy 'n gehawende ou dokterstas onder haar bed bêre en in haar vrye tyd in die videowinkel werk. Maar waar sy vandaan kom, is dit 'n gróót droom. Te groot. Hoewe 717 is die amptelike naam van die plakkerskamp. Dis hoe die maatskaplike werker en haar helpers dit noem. En Mevrou. Die rykmansvrou wat soms daar kom liefdadigheidswerk doen en so 'n dun glimlaggie het. Die mense wat daar bly, noem dit sommer Plot 717. Dis waar Elmien saam met haar ouma en haar twee niggies in 'n Wendyhuis woon. Dis waar sy die aantreklike Ruan ontmoet en uit die nare oom Bok se vatterige kloue moet probeer bly. Dis waar sy geheime ontdek wat haar hele lewe op sy kop keer. 'n Onvergeetlike Aspoester-verhaal wat wys dat drome tóg waar kan word, soms op die mees onverwagse maniere ...


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Marisa Haasbroek woon naby Rayton, Gauteng, saam met haar man en twee kinders. Voor die geboorte van haar kroos was sy redakteur van verskeie korporatiewe tydskrifte en het sy talle artikels en kortverhale vir bekende tydskrifte geskryf. Marisa geniet dit om haar man met 'n kwinkslag te laat lag, is dol op haar seun se ernstige bruin oë as sy vir hom stories lees, haar dogter se hare as die son daarop val, Bosveldvure, om mense dop te hou, en oor skryf. Onder die skrywersnaam Rykie Roux het sy haar mettertyd as een van die gewildste skrywers van liefdesverhale in Afrikaans gevestig. Hierdie is haar eerste roman vir tienerlesers.