8,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
  • Format: ePub

Reine Duvenage, 'n tweedejaar kunsstudent en finalis in die universiteit se debutantekompetisie, trek die aandag van 'n sluipjagter wat jong vrouens teiken. Sy oorleef 'n wreedaardige aanranding, maar hou emosionele en fisieke letsels oor. Pieter Taljaard, die speurder wat die saak moet oplos, se ondersoek lei hom na verskeie mans met wie sy in kontak was. Gedurende haar herstelproses kwalifiseer Reine deur afstandonderrig as onderwyser. Sy aanvaar as Renette Mouton ? pos by 'n plattelandse hoërskool in die laeveld omdat die jagter steeds bedrywig is ná twee jaar. Haar poging om anoniem te bly…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.34MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
Reine Duvenage, 'n tweedejaar kunsstudent en finalis in die universiteit se debutantekompetisie, trek die aandag van 'n sluipjagter wat jong vrouens teiken. Sy oorleef 'n wreedaardige aanranding, maar hou emosionele en fisieke letsels oor. Pieter Taljaard, die speurder wat die saak moet oplos, se ondersoek lei hom na verskeie mans met wie sy in kontak was. Gedurende haar herstelproses kwalifiseer Reine deur afstandonderrig as onderwyser. Sy aanvaar as Renette Mouton ? pos by 'n plattelandse hoërskool in die laeveld omdat die jagter steeds bedrywig is ná twee jaar. Haar poging om anoniem te bly en nie weer 'n slagoffer te word nie, word bemoeilik toe mans uit haar verlede onverwags in die dorp opdaag en die sluipjagter haar opnuut begin treiter. Onseker oor die identiteit van die sluipjagter wantrou sy almal, ook Charl de Jongh, die finale jaar kliniese assistent wat haar behandel het, Jacques Ritsen, die verteenwoordiger van Frey Skoonheidshuis wat haar geborg het, Francois Booyens en Carlo von Brandis van Erasmus Foto-ateljee wat haar foto's geneem het, en die ontwerper, Giorgio van Jolie Mam'selle Boetiek wat haar rok ontwerp het vir die debutantebal. Selfs Stefan Treurnicht, die blinde klavierstemmer lyk vir haar verdag. Ondanks die teenwoordigheid van haar troue waghond beland sy weer in die sluipjagter se strik. Kan Pieter Taljaard die leidrade betyds ontrafel om 'n moord te voorkom?


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Bets Smith het begin skryf omdat sy aan haarself wou bewys sy kon die storie wat binne broei op papier kry. Sy hou aan met skryf omdat sy in die liefde en in gelukkige eindes glo, en voel mense het in 'n harde wêreld nodig om herinner te word daaraan dat die goeie nog kan seëvier. Omdat sy goedvoelstories skryf, is die hele skeppingsproses vir haar terapeuties. Sy is voltyds onderwyser wat werk en bly in Mpumalanga se Laeveld, 'n omgewing wat skeppingswerk inspireer. Voeg daarby 'n man wat haar giere en geite verstaan en twee getroude kinders met 'n eiesoortige humorsin, dan het sy alles wat sy nodig het.