7,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
  • Format: ePub

Lewensgids vir mans, Heinz Winckler se nuwe boek, is geskryf vanuit 'n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by mans van alle ouderdomme sal vind. Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in mans se daaglikse lewens. Heinz gesels met die leser soos 'n goeie, wyse vriend. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat mans se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van manwees aan. Van die onderwerpe wat bespreek word…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 2.47MB
Produktbeschreibung
Lewensgids vir mans, Heinz Winckler se nuwe boek, is geskryf vanuit 'n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by mans van alle ouderdomme sal vind. Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in mans se daaglikse lewens. Heinz gesels met die leser soos 'n goeie, wyse vriend. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat mans se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van manwees aan. Van die onderwerpe wat bespreek word is 'Hoe om die beste JY te wees', 'Hoe om 'n goeie vriend te wees', 'Hoe om 'n goeie jong student te wees', 'Hoe om die beste getroude man te wees', 'Hoe om 'n goeie pa te wees, 'Hoe om sosiale media te benader', 'Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin' en vele meer.

Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Heinz Winckler se loopbaan het begin toe hy die eerste seisoen van die sangkompetisie, Idols, in SA gewen het. Hy is 'n gewilde akteur, sanger, liedjieskrywer, kerkleier, spreker en skrywer. In 2019 het Heinz LoveKey NPC gestig om 'n reisende bediening te begin. Maar alles het in 2020 verander met die aankondiging van die inperkingstydperk. Gedurende 2020 het die Here vir Heinz en sy gesin gelei om 'n nuwe, onafhanklike plaaslike gemeente te stig die LoveKey gemeente. Heinz is getroud met Aletté-Johanni Winckler, 'n bekende skrywer, entrepreneur en modestilis, en die gesin woon in Somerset-Wes in die Wes-Kaap. Heinz se ma is die bekende skrywer, Elsa Winckler.