6,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
3 °P sammeln
  • Format: ePub

Oukei, ek is nie 'n kenner op dié gebied nie, maar daar is darem 'n paar dinge wat ek van soen af weet. Soos: Jou eerste soen is nie veronderstel om jou pens en pootjies binne-in 'n winkelsentrum se fontein te laat beland nie. Reza dink partykeer Murphy se Wet is spesiaal vir haar uitgedink. Daardie wet wat sê as iets verkeerd kan gaan, dan sal dit. In haar gunstelingskrywer se boeke het sulke rooigesig-oomblikke altyd romantiese gevolge, maar in die regte lewe werk dinge ongelukkig anders. In die regte lewe begin daar nie romantiese musiek speel as 'n ou jou soen nie. In die regte lewe…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 2.1MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
Oukei, ek is nie 'n kenner op dié gebied nie, maar daar is darem 'n paar dinge wat ek van soen af weet. Soos: Jou eerste soen is nie veronderstel om jou pens en pootjies binne-in 'n winkelsentrum se fontein te laat beland nie. Reza dink partykeer Murphy se Wet is spesiaal vir haar uitgedink. Daardie wet wat sê as iets verkeerd kan gaan, dan sal dit. In haar gunstelingskrywer se boeke het sulke rooigesig-oomblikke altyd romantiese gevolge, maar in die regte lewe werk dinge ongelukkig anders. In die regte lewe begin daar nie romantiese musiek speel as 'n ou jou soen nie. In die regte lewe verander 'n soen nie alle paddas in prinse nie. Maar toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met 'n ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies en een van hulle sal die kans kry om haar op 'n droom-date te vergesel ... Vorige boeke uit die skrywer se pen sluit in die topverkoper Liefde laat jou Rice Krispies anders proe (ATKV Kinderboektoekenning 2002), Ouens is nie pizzas nie (ATKV Kinderboektoekenning 2007), My hart is vol graffiti (ATKV Kinderboektoeken-ning 2012) en Al die meisies hou van Divan Louw.


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Tania Brink is die dogter van twee baie normale ouers en die eienaar van 'n baie abnormale hond. Vandat sy vyf jaar oud is, is haar grootste droom om stories te skryf. Sy beskryf haar verhale as "stroperige liefdesverhale vir tieners wat siek en sat is vir stroperige liefdesverhale". Haar gunsteling-tydverdryf is om op maanligaande op die strand perd te ry. Ongelukkig bly sy deesdae baie ver van die see. Sy glo in die krag van die liefde, die wonder van sonroom, prinse op wit perde, en Sondagmiddagslapies. Sy het reeds vier ATKV-Kinderboek-toekennings gewen.