Danksy die ervaring wat sy oor reis en braai opgedoen het tydens haar TV-kosmaakprogram "Speel met vuur", asook deur spyseniering vir private braaigeleenthede, het Mynie besluit om haar idees verder te voer. Die resultaat is hierdie kookboek van braaiproe-spyskaarte - die beste braaivermaak ooit. Mynie nooi jou om pret te hê elke keer as jy braai, met alles van spyskaarttemas en smaaklike (dikwels onkonvensionele) resepte tot gepaste musiekspeellyste en prettige feite!
Hetsy jy dus 'n braaigroentjie is of jouself as 'n braaikenner beskou, sluit gerus aan by die partytjie en leer nuwe truuks op Mynie se manier.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.