Kry die eerste drie opwindende romans in die klassieke Oerwoudvalk Reeks in een gerieflike Omnibus wat uitstekende waarde bied! Hierdie versameling sluit in:
Boek 1: Goudstad van Skeba
Boek 2: Die Seekat
Boek 3: Oervallei
Die reeks volg die avonture van die Oerwoudvalk, 'n primitiewe held wat met sy boog en mes die geheime van Afrika se verlore wêrelde ontrafel en mense teen oeroue gediertes sowel as moderne skurke beskerm.
1. Goudstad van Skeba In hierdie eerste verhaal maak u kennis met die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk. Gewapen met net 'n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel, deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. In hierdie verhaal moet hy tot die redding kom van 'n volkekunde professor, sy dogter, 'n man en sy vrou en 'n student, wat in die hande val van Basan, 'n wrede en genadelose diktator. Basan is 'n hoëpriester wat gemuit het uit die Vallei van Skeba. Hy het sy eie ryk gestig en droom daagliks daarvan om die Koningin van Skeba se Vallei en stad weer binne te val en oor te neem.
2. Die Seekat In hierdie verhaal begelei die Oerwouvalk die vyf Suid Afrikaners terug na Suid Afrika, na hul ontsnapping uit die Goudstad van Skeba. Op pad terug sien hulle twee straalvegvliegtuie wat op mekaar skiet. Die een vliegtuig word gou neergeskiet, maar die loods spring betyds uit met 'n valskerm. Toe hulle hom ontdek is hy reeds sterwend. Hy vertel hulle onder andere van Seekatmanne en 'n moeras vol wilde diere. Kort daarna sterf hy en hulle ontdek toe 'n dagboek by hom, wat die sleutel hou tot sy geheim. Die veiligheidspolisie roep eindelik die hulp van die Valk in om ondersoek te gaan instel. Met die hulp van 'n pigmeë stam gaan soek hy na die nes van die Seekat-organisasie.
3. Oervallei In hierdie derde verhaal van die Oerwoudvalk reeks red die Valk vir Aztec Calder uit die kake van 'n leeumannetjie. Die ylende Calder het nog kort voor sy dood gemompel van 'n verlore vallei, oermense en diere en ook van 'n geselskap blankes wat daar vasgekeer is. Die nuus prikkel die Valk se belangstelling sodanig en hy besluit toe om dadelik na die verlore vallei in Afrika te gaan soek. Gewapen met net sy pyl-en-boog, 'n jagmes en 'n lendekleed van luiperdvel, pak hy sy soektog aan na die geheimnisvolle vallei, wat nog totaal onbekend is aan die samelewing. Deur Aztez Calder se voetspore te volg, ontdek die Valk spoedig die verlore vallei, maar om dit te betree moet hy eers teen 'n steil kransmuur afdaal, wat die tropiese vallei heeltemal omring. Net daar verloor hy al byna sy lewe teen 'n vlieënde oerdier en dit is maar net die begin van een van die eienaardigste en spanningvolste ervarings wat die Valk nog beleef het.
#OerwoudvalkReeks
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.








