11,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
6 °P sammeln
  • Format: ePub

Die bewolkte dag toe die koeltorings opgeblaas word, sak Harm langs Wiesa inmekaar op die sportveld in Pinelands. Vier mans in grys pakke verskyn uit die niet en voor Wiesa tot verhaal kan kom, dra hulle hom onseremonieel weg. Wiesa is 'n sub in die nagkantoor van 'n dagblad. Sy kan nie versin nie. Sy skryf om by die waarheid uit te kom. Te veel vreemde en onheilspellende dinge gebeur en sy begin dagboek hou daarvan. Waar is Harm? En wat gaan aan in die boonste verdiepings van die mediatoring? Sy durf die korporatiewe reus kaalvuis aan en verruil haar woordeboek vir karate-kata's, koes vir…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.44MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
Die bewolkte dag toe die koeltorings opgeblaas word, sak Harm langs Wiesa inmekaar op die sportveld in Pinelands. Vier mans in grys pakke verskyn uit die niet en voor Wiesa tot verhaal kan kom, dra hulle hom onseremonieel weg. Wiesa is 'n sub in die nagkantoor van 'n dagblad. Sy kan nie versin nie. Sy skryf om by die waarheid uit te kom. Te veel vreemde en onheilspellende dinge gebeur en sy begin dagboek hou daarvan. Waar is Harm? En wat gaan aan in die boonste verdiepings van die mediatoring? Sy durf die korporatiewe reus kaalvuis aan en verruil haar woordeboek vir karate-kata's, koes vir koeëls en stoei met bestaanskwessies. Poppekas is Steinmair se eerste speurroman, en 'n hoogs vermaaklike en vernuwende toevoeging tot die genre. Deborah Steinmair se debuutroman, Marike se laaste dans, is bekroon met die Jan Rabie/Rapport-prys en was op die kortlys vir die M-Net-prys.


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Deborah Steinmair is op 23 Februarie 1962 op Groblersdal gebore en sy het in Pretoria grootgeword. Sy het 'n BA-graad in Engels en Drama en 'n honneursgraad in Drama behaal. Sy was onder andere 'n assistent vir 'n reisende poppespeler, 'n lektor in Engels by die Universiteit van die Noorde, die boekeredakteur by kalahari.net en die SêNet-webmeester op LitNet. Tans is sy 'n vryskut-kopieskrywer, redakteur, proefleser en skrywer.