In Saartjie se vakansie tref 'n orkaan 'n Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op 'n tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. Sy kry hulle jammer en steek hulle tuis in haar kamer weg.
In Saartjie se geheim laat Saartjie se ondeundheid haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te lê wanneer 'n vreesaanjaende spook sy verskyning maak. En dan is daar nog die kwessie van Saartjie se geheim wat haar beste vriende, Anna en Lina, en natuurlik ook vir Galpil en haar boetie, Apie, tot raserny dryf.
Saartjie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.