9,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
5 °P sammeln
  • Format: ePub

Beáte Sonnekus se lewe verander handomkeer toe haar pa in 'n motorongeluk sterf. Die rykmansdogter met die hartseer oë is alleenerfgenaam en staan meteens aan die hoof van die magtige Sonsoeker Ondernemings. Saam met die spanning van hierdie nuwe verantwoordelikheid, ontwikkel sy simptome wat met posttraumatiese stres verband hou. Die aantreklike geneesheer, gunsteling onder die elite se vroue, het nie goeie nuus vir haar nie en dit laat Beáte se lewe aan skerwe spat. Sy sien en hoor onverklaarbare dinge, sy weet nie meer of haar verbeelding haar parte speel nie. Daar is verskeie aanduidings…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 1.56MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
Beáte Sonnekus se lewe verander handomkeer toe haar pa in 'n motorongeluk sterf. Die rykmansdogter met die hartseer oë is alleenerfgenaam en staan meteens aan die hoof van die magtige Sonsoeker Ondernemings. Saam met die spanning van hierdie nuwe verantwoordelikheid, ontwikkel sy simptome wat met posttraumatiese stres verband hou. Die aantreklike geneesheer, gunsteling onder die elite se vroue, het nie goeie nuus vir haar nie en dit laat Beáte se lewe aan skerwe spat. Sy sien en hoor onverklaarbare dinge, sy weet nie meer of haar verbeelding haar parte speel nie. Daar is verskeie aanduidings dat haar pa nog leef, of is dit die pas gediagnoseerde siekte wat sinsbedrog veroorsaak? Eienaardige dinge gebeur in die sakeonderneming, gevolg deur inligting wat haar tot in haar siel skok. Haar impulsiewe huwelik dra by tot haar verwarring en later weet sy nie of sy enigeen meer kan vertrou nie. Toe sy Heidebaai toe ontvlug om helderheid te kry, ontdek sy dat liefde en passie nie ophou bestaan as mens weet jy gaan binnekort sterf nie. Of sy lank genoeg gaan leef om dit te ervaar en uit te leef? Waarskynlik nie. Bowendien is dit nie billik teenoor die man van haar hart om toe te gee aan die liefde nie. En oor alles hang die donkermaan, die tweede keer in een maand ...


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Bets Smith het begin skryf omdat sy aan haarself wou bewys sy kon die storie wat binne broei op papier kry. Sy hou aan met skryf omdat sy in die liefde en in gelukkige eindes glo, en voel mense het in 'n harde wêreld nodig om herinner te word daaraan dat die goeie nog kan seëvier. Omdat sy goedvoelstories skryf, is die hele skeppingsproses vir haar terapeuties. Sy is voltyds onderwyser wat werk en bly in Mpumalanga se Laeveld, 'n omgewing wat skeppingswerk inspireer. Voeg daarby 'n man wat haar giere en geite verstaan en twee getroude kinders met 'n eiesoortige humorsin, dan het sy alles wat sy nodig het.