In die genadelose, verbode diamant gebied van die Namib woestyn, ry die jong en avontuurlustige konstabel Kobus van Deventer na 'n raaiselagtige teken van lewe. 'n Fyn strepie rook wat in die verlate landskap opkrul. Sy eerste solo-patrollie in hierdie doodse wêreld verander blitsvinnig van roetine na 'n gevaarlike ondersoek wanneer hy by die smeulende vuurtjie net 'n halfgeëte vis en 'n enkele, reusagtige kaalvoet spoor in die rooi sand ontdek.
Die misterie verdiep wanneer sy polisie jeep verdwyn en die spore hom lei na 'n vergete spookdorp wat op geen kaart bestaan nie. Dit is 'n plek van krakende vloerplanke, verlate huise en 'n onheilspellende stilte. Hier kom hy van aangesig tot aangesig met die eienaar van die spoor. Die berugte en sadistiese moordenaar, Claus Zederberg, wat uit die dodesel ontsnap het. In 'n oomblik van briljante durf, slaag Van Deventer daarin om die geslepe moordenaar vas te trek, maar sy oorwinning is egter van korte duur.
Zederberg is egter nie alleen nie, en die jagter word oornag die prooi. Ontwapen en vasgekeer, word Kobus meedoënloos deur Zederberg gejag, wat nou met 'n Mauser geweer gewapen is en op wraak ingestel is. 'n Dodelike speletjie ontaard in 'n inferno wanneer Zederberg die huis waarin Kobus skuil, in 'n vlamme hel omskep. Kobus se stryd om oorlewing is 'n desperate wedloop teen tyd, die elemente, en 'n psigopaat vir wie moord 'n aangename spel is. Vasgekeer tussen die eindelose duine en 'n moordenaar wat vir niks sal stuit om sy vryheid te verseker nie, moet Kobus meer trotseer as wat hy ooit gedink het moontlik is. Sal sy polisie-opleiding en vindingrykheid genoeg wees om die slinkse Zederberg te uitoorlê? Of sal die Namib se rooi sand sy laaste rusplek word, met dan nog 'n slagoffer van die sluipers wat in die skadu's wag vir hul prooi?
#SAPolisieReeks
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.








