7,99 €
7,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
7,99 €
7,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
4 °P sammeln
Als Download kaufen
7,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
Jetzt verschenken
7,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
4 °P sammeln
  • Format: ePub

Splinters van liefde is'n samestelling van drie van Alma Carstens se vorige Romanzas, Kaapse draai, Tyd sal leer en Luca se obsessie. Dit is Alma op haar beste: fyn uitgewerkte storielyne, diepgaande karakterisering en interessante plekke waar die verhale afspeel.Kaapse draai:Noudat Lani se vriendin haar oorreed het om te reageer op'n man se advertensie dat hy na'n vrou soek wat hy beter wil leer ken, is daar nie omdraai nie. Sy sal'n maand lank op sy wynplaas moet deurbring. Min weet sy hy het nie die advertensie geplaas nie, sy skoonsuster het ...Dit is egter nie die enigste haakplek nie.…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 1.31MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
Splinters van liefde is'n samestelling van drie van Alma Carstens se vorige Romanzas, Kaapse draai, Tyd sal leer en Luca se obsessie. Dit is Alma op haar beste: fyn uitgewerkte storielyne, diepgaande karakterisering en interessante plekke waar die verhale afspeel.Kaapse draai:Noudat Lani se vriendin haar oorreed het om te reageer op'n man se advertensie dat hy na'n vrou soek wat hy beter wil leer ken, is daar nie omdraai nie. Sy sal'n maand lank op sy wynplaas moet deurbring. Min weet sy hy het nie die advertensie geplaas nie, sy skoonsuster het ...Dit is egter nie die enigste haakplek nie. Lani kan nie bekostig dat hy haar beter leer ken nie want dan moet sy ook vertel van die hartseer geheim oor haar herkoms en dit kan sy nie met hom deel nie. Juis nie met hierdie spesiale man wat gou al haar gedagtes in beslag neem nie. Tyd sal leer:Siënna vlug na haar vriendin in Malawi om weg te kom van haar pa wat haar in'n huwelik wil dwing. Sy vind gou uit die eiland Likoma is nie vir sissies met ontwerpersklere en hoëhakskoene nie en dat sy ook nie die enigmatiese en uiters sexy Marco op sy bosklere moet takseer nie. Gou val sy by die ritme van die eiland in en bewys telkens dat sy nie die bedorwe brokkie is waarvoor Marco haar aansien nie. Rikki stel voor Siënna en Marco trou om te verhoed dat haar pa sy sin kry. Sy stem in want sy weet die primitiewe eiland is presies waar sy en haar beminde Marco wil wees. Luca se obsessie:Die lenige Italianer met die helderblou oë wat Miranda se bloemiste op Valentynsdag instap, is beslis nie van plan om net so weer uit haar lewe te verdwyn nie. Maar sy belangstelling is ongelukkig nie van die soort wat'n meisie laat huweliksklokke hoor nie. Miranda baklei hard teen die vernedering en ja, die hartseer. Want iets omtrent hierdie man verhoed haar om hom net as 'daardie soort' af te skryf, hoe hard sy ook al probeer. En hy voer sy eie stryd, al weet sy nie daarvan nie, om die blonde meisie wat'n obsessie vir hom geword het, uit sy gedagtes te weer. Sowat van hardkoppigheid ...


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Na vier jaar in Kenia en meer as ses jaar in Malawi, het Alma en haar man die Afrika-stof tydelik van hul voete afgeskud om 'n nuwe avontuur aan te pak. Sedert Januarie 2015 woon hulle in Bangkok, Thailand waar Jacques as regsadviseur vir 'n Britse maatskappy werk. Stories skryf en lees was nog altyd vir haar meer as net 'n stokperdjie, maar deesdae is dit ook 'n noodsaaklikheid wat help met die verlange na hul kinders in die Kaap. Wanneer sy nie skryf of lees nie, kuier sy graag saam met vriende, kyk flieks en speel gholf. Sy is ook dol oor reis, goeie wyn, 'n kaggelvuur en die see.