3,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
2 °P sammeln
  • Format: ePub

Ezanne het haar hart op 'n navorsingsekspedisie. Maar al het sy 'n doktorsgraad in insektekunde, sy is 'n vrou en dis mans wat besluit wie gaan saam. Gelukkig is daar in Namibië 'n vooraanstaande insektekundige wat op 'n soortgelyke ekspedisie gaan. Eens in die woestyn lyk dié man aanvanklik nie te ingenome met haar nie, darem nie vir te lank nie. Maar die groot woorde wat 'n vrou se hart wil hoor, sê hy nie. En daar is 'n ander vrou, want Ezanne hoor hom 'n vrouenaam sê terwyl hy tydens 'n malaria-aanval yl. Of hierdie vrou lewe en of sy dood is, sy staan tussen hulle in hierdie lieflike woesteny.…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 2.45MB
  • FamilySharing(5)
Produktbeschreibung
Ezanne het haar hart op 'n navorsingsekspedisie. Maar al het sy 'n doktorsgraad in insektekunde, sy is 'n vrou en dis mans wat besluit wie gaan saam. Gelukkig is daar in Namibië 'n vooraanstaande insektekundige wat op 'n soortgelyke ekspedisie gaan. Eens in die woestyn lyk dié man aanvanklik nie te ingenome met haar nie, darem nie vir te lank nie. Maar die groot woorde wat 'n vrou se hart wil hoor, sê hy nie. En daar is 'n ander vrou, want Ezanne hoor hom 'n vrouenaam sê terwyl hy tydens 'n malaria-aanval yl. Of hierdie vrou lewe en of sy dood is, sy staan tussen hulle in hierdie lieflike woesteny.


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, HR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Gedurende haar werksloopbaan het Ida Bester haar hand gewaag aan verskeie take wat met taal te make het. Sy het dit vaarwel geroep om voltyds te skryf en het al meer as 15 boeke die lig laat sien, waarvan die 11 Romanzas wat deur LAPA Uitgewers uitgegee is vir haar die grootste genoegdoening gebring het. Nadat sy vir 11 jaar lank in Leeupoort op Limpopo gewoon het, het sy en haar man teruggetrek Pretoria toe waar hulle vroeër hul vier kinders grootgemaak het. Ida is dol oor hul 11 kleinkinders. Haar stokperdjies is lees, reis, scrapbooking en die versameling van klein vetplante.