Jacki de Wet is verslaaf aan die internet en sosiale media. Van Facebook, Instagram, X en TikTok weet sy genoeg om gevaarlik te wees. Miskien moes iemand vir Gary, Jacki se baas en verloofde, so gewaarsku het toe hy 'n affair met Sally Smith wou begin. Om van Gary se skelmpie ontslae te raak was maklik genoeg, maar wat doen sy met die verraad en die woede? Nou sit sy sonder iemand om haar vas te hou en sonder werk. Toe die musikant Giovanni Ignacio Mancini sy verskyning maak, verwar hy haar verder. Hy is soos die hemelmooie Vivaldi-musiek wat hy op sy Stradivarius speel soms guitig of baldadig, soms strelend en smeulend, altyd sensueel. Jacki weet nie waar sy inpas nie, sy sing falsetto. Sy wil 'n sushi-en-sjampanje-lewe hê, maar die wasabi gee haar sooibrand. En eintlik is sy net 'n vis-en-tjips-meisie.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.