Drie herfse het verloop sedert dié dag toe Gibor Verberger so halfterloops die bestaan van die Waterplek aan sy seun bekendgemaak het. Baie water en bloed het intussen in die see geloop en nou verlaat die sewentienjarige Eron Verberger uiteindelik sy geboorteland in die hoop om die laaste Geseënde en sy pa by die Waterplek te vind: die skuilplek in Afrika wat Gibor vir die vlugtelinge van die Vuurstorm voorberei. By die hawe in Gabriëllië groet sy oom Ruach hom met dié woorde: "Jy, Eron Verberger, het 'n onverskrokke soort waagmoed wat my dikwels bevrees maak. Selfs as wordende Bergengel leef jy op die hoogtes, daar waar die lug min is en die gevaar so groot soos die uitsig."
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.